EFF bemoedig jongmense om eSwatini te ondersteun

Die EFF in die Tshwane-streek sê hy is bemoedig deur jongmense se steun vir sy program wat demokrasie en eenheid onder die mense van eSwatini wil bevorder. Die party het onlangs vreedsame betogings op eSwatini se grense gehou in hernude pogings om bewustheid te verskerp oor die voortslepende onderdrukking van pro-demokrasie-betogings in die buurland. Daar is van Mei verlede jaar af burgerlike onrus en betogings teen koning Mswati die Derde.