Vryheidsfront Plus: Regering moet sy rieme dunner sny
Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrikaners staar ‘n ekonomiese ramp in die gesig wat net so erg gaan wees as die Covid-pandemie. Dit volg nadat die prys van 95-oktaan en 93-oktaan loodvrye petrol met onderskeidelik twee Suid-Afrikaanse rand-33-sent en twee-rand-43-sent per liter gestyg het. Die party se woordvoerder, Wynand Boshoff, sê die brandstofheffing moet onmiddellik met die helfte verminder word en Nasionale Tesourie moet dringend maniere vind om uitgawes te besnoei.