ANC versoek veranderde TV-regulasies oor sport
Die ANC versoek veranderings aan die land se huidige televisie-regulasies. Die regerende party sê daar moet ‘n verbod ingestel word op die verkoop van eksklusiewe uitsaairegte en nasionale spanne se wedstryde moet gratis óf teen ‘n verlaagde tarief aan die SABC beskikbaar gestel word. Die hoof van die ANC se subkomitee oor Kommunikasie, Nkenke Kekana, sê hulle wil ook hê hierdie wedstryde moet regstreeks uitgesaai word eerder as op ‘n latere datum. Kekana voeg by hulle moet verseker almal het gratis toegang om na sleutel-sportsoorte te kan kyk.