DA: Vinnige optrede het brand by Steve Biko-hospitaal gekeer

Die DA in Gauteng is tevrede met die spoedige optrede wat die Steve Biko-hospitaal in Tshwane se redding was toe brandblussers vroeg vanoggend gebruik is om ‘n brand by tydelike strukture te blus. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die voorval beklemtoon die voortdurende gevaar van brande by gesondheidsgeriewe en die waarde van opgeleide personeel en toerusting om te voorkom dat ‘n brand versprei.