DA: Erfenisraad moet standpunt inneem oor Taalmonument
Die DA doen ‘n beroep op die voorsitter van die Nasionale Erfenisraad, Edgar Neluvhalani, om standpunt in te neem teen die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, se voorstel oor die naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument en -museum. Die raad se mandaat is om kennisproduksie oor alle Suid-Afrikaanse erfenis te verbeter en bewustheid daarvan te bevorder. Veronica van Dyk van die DA sê die raad moet nog sê wat hy van die kwessie dink.