Moordsaak van Bafana Bafana-doelwagter duur voort

Die moordsaak van die Bafana Bafana-doelwagter, Senzo Meyiwa, gaan vandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria voort. Nog getuies sal na verwagting vir die staat verskyn. Meyiwa is in Oktober 2014 by die huis van sy vriendin Kelly Khumalo se ma in Vosloorus vermoor. Die saak moes in April uitgestel word nadat advokaat Malesela Teffo, vier van die beskuldigdes se regsverteenwoordiger, op dramatiese wyse in hegtenis geneem is. Hy is gearresteer nadat hy nie op aanklag van aanranding in die hof in Hillbrow verskyn het nie, maar is intussen op borgtog vrygelaat.