EFF eis ondersoek na Glencore se sake in SA
Die EFF sê hy is nie geskok deur Glencore se erkenning van buitelandse omkopery en markmanipulasie nie. Volgens Amerikaanse hofstukke het handelaars by die Switserse mynmaatskappy kontantbetalings, vals konsultasie-ooreenkomste en gelaaide fakture gebruik om regeringsamptenare in Wes-Afrika en Latyns-Amerika om te koop vir voorkeur-toegang tot olie. Glencore het ingestem om ‘n boete van meer as 15 miljard Suid-Afrikaanse rand te betaal. Die EFF doen ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om al Glencore se sakebedrywighede in Suid-Afrika te ondersoek.