Zelensky spreek vandag EU-leiers toe

Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, gaan vandag leiers van die Europese Unie per video-skakel toespreek. Die leiers hou vandag en môre ‘n noodberaad in Brussel om ekonomiese, politieke en humanitêre steun vir Oekraïne en die krisis in wêreldwye voedselvoorraad te bespreek. Volgens berigte sal baie van die aandag gefokus wees op pogings om ‘n invoerverbod op Russiese olie in te stel, as deel van verskerpte pogings om Moskou te straf vir sy inval in Oekraïne.