Net 46 % van volwassenes in Namibië wil ingeënt word teen Covid-19
‘n Wêreldwye meningspeiling het aan die lig gebring dat 68-persent van volwassenes sou instem om ingeënt te word as ‘n koronavirus-entstof gratis beskibaar is. ‘n Gallup-peiling het 300-duisend volwassenes ondervra. In Namibië het slegs 46-persent aangedui dat hulle bereid is om ingeënt te word. In Suid-Afrika het 63-persent van die respondente gesê hulle wil ingeënt word. Kenners sê minstens 70-persent van ‘n bevolking moet ingeënt word om groep-immuniteit te bereik.