Ouers moet stem vir skoolkalender

Die Namibiese onderwysministerie het twee voorlopige skoolkalenders vrygestel wat in die koerante gepubliseer is sodat ouers vir die kalender van hul keuse kan stem. Die ministerie wil hê die publiek moet die kalender en datums bestudeer voordat hulle hul keuse maak. Sanet Steenkamp uitvoerende direkteur in die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.