Druk op Britse premier neem toe om te bedank
Die druk op die Britse eerste minister, Boris Johnson, neem toe nadat ‘n parlementslid van sy eie Konserwatiewe Party bedank het weens die jongste onthullings oor Partygate. Paul Holmes was die parlementêre privaat-sekretaris in die kantoor van binnelandse sake. Hy sê die voorvalle het ‘n diep wantroue in beide die regering en die regerende party geskep en dit lyk asof ‘n toksiese kultuur Downingstraat 10 binnegedring het. Dit gaan oor die partytjies wat gehou by Johnson se ampswoning gehou is tydens streng inperking. Verskeie Tory-parlementslede het Johnson reeds gevra om te bedank.