Herdenking van Wêreld Menstruasie-higiënedag moet stilswye verbreek
In die lig van die Wêreld Menstruasie-higiënedag vandag, het die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsontwikkeling, Sharna Fernandez, ‘n beroep gedoen mense moet nie langer stilbly oor die negatiewe sosiale maatstawwe rakende menstruasie-gesondheid en -higiëne nie. Fernandez was by die Hoërskool Soutrivier in Kaapstad, een van 223 skole wat deelneem aan die provinsie se Sanitêre Waardigheidprojek. Sy sê alle leerders is geregtig op toegang tot sanitêre produkte om te verseker geen meisie loop ‘n skooldag mis nie.