Onkologie Palliatiewe Sorgsentrum kom vir Namibië
Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen, en Aina Nghitongo, het pas teruggekeer van Kaapstad na ‘n paar dae se besoek aan die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement en Universiteit van Kaapstad se mediese departement om die weg te baan vir ‘n Onkologie Palliatiewe Sorgsentrum vir Namibië. Dit is een van die finale strategiese doelwitte wat Hansen gestel het om te bereik tydens sy termyn as uitvoerende hoof. Hulle sien uit daarna om saam met die Namibiese gemeenskap te werk om hierdie unieke moontlikheid van sorg en waardigheid te vestig wanneer, veral kwesbaar Namibiër kankerpasiënte reis na die finale stadiums van die lewe. Hansen gesels met Kosmos 94.1 Nuus …