EFF betoon vandag by Franse ambassade in Pretoria

Die Economic Freedom Fighters, die EFF, sal vanoggend vanaf 10-uur die strate in Pretoria invaar om die onttrekking van Frankryk aan die vasteland te eis. Die EFF sal voor die Franse ambassade betoog en eis “dat die voormalige koloniale mag ophou om in Afrika se sake in te meng.” ‘n Kenner oor Afrika-aangeleenthede, advokaat Sipho Mantula, sê die rol van die Franse op die vasteland is geskiedkundig toksies en moet mee weggedoen word.