Belangrike taxi-roete in Wes-Kaap heropen dalk

Wes-Kaapse owerhede werk steeds daaraan om ‘n behoorlike oplossing te vind wat die heropening van die B97-taxiroete moontlik sal maak. Die vervoer-slagaar, wat tussen die Paarl en Bellville loop, is op 26 Julie 2021 gesluit na die opvlam van geweld tussen die CATA- en CODETA taxi-verenigings. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, is aan die woord.