‘Putin het oorlog op voedselsekuriteit verklaar’

Die hoof van die VN se Voedselprogram, David Beasley sê die Russiese blokkade in die Swartsee, wat verhoed dat meer as 22 miljoen ton grane uitgevoer kan word, is ‘n verklaring van oorlog op voedselsekuritiet en gaan ‘n katastrofiese uitwerking hê.

Terwyl Namibië meeste van sy koring vanuit Rusland invoer, sal tekorte in die wêreldmark ook plaaslik uitdagings bied.