Twapewa Kadhikwa-instituut hou vroue-wegbreek by Midgard

Die Twapewa Kadhikwa-instituut se jaarlikse Vroue-wegbreek 2022 is daarop gemik om die kollig op alle vroue te plaas en vroue te bemagtig. Die geleentheid vind vanaf 24 tot 26 Junie 2022 by Midgard Lodge plaas, en alle vroue, kundiges en entoesiaste word hartlik verwelkom om by hierdie platform aan te sluit en deel te wees van ‘n netwerk van positiewe verandering. Belinda Manyenga, digitale en inhoudbestuurder by die instituut het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.