Saftu se tweede verkiesingskonferensie begin
Alles is gereed vir dié week se tweede verkiesingskonferensie van die vakbondfederasie Saftu, wat vandag in die Birchwood-hotel in Boksburg, Ekurhuleni, begin. Nuwe leiers sal verkies en nuwe beleidsrigtings aanvaar word. Die konferensie sal na verwagting voortgaan ondanks die skorsing van vier nasionale ampsdraers wat die organisasie se naam na bewering oneer aangedoen het. Hoofsekretaris Zwelinzima Vavi sê vakbonde het hulle eie ergste vyand geword deur werkers te misbruik tot hulle eie voordeel.