Elf Suid-Afrikaanse rolprente by Cannes vertoon

Nie minder nie as elf Suid-Afrikaanse rolprente word op vanjaar se Cannes-rolprentfees in Frankryk ten toon gestel. Die beroemde geleentheid aan die Franse Riviera duur tot Saterdag. Onder die Suid-Afrikaanse inskrywings is die sielkundige riller The Domestic, die geskiedkundige drama The White Line en die bende-rolprent Call me Thief, wat oorspronklik vrygestel is as Noem my Skollie. Die uitvoerende bestuurder van die Gravel Road-verspreidingsgroep, Benjamin Cowley, sê die Suid-Afrikaanse versameling dui op skeppendheid, passie, hoë standaarde en gehalte in die land se rolprentbedryf.