Daar is 22 miljoen ton graan wat vasgekeer is in die Oekraïne
‘n Plaaslike landbou-kenner gee sy reaksie op die 22 miljoen ton graan wat nie uit die Oekraïne uitgevoer kan word nie weens Rusland se blokkade van hawens, volgens President Volodymyr Zelensky. Amerikaanse President Joe Biden het voorheen gesê Rusland se optrede kan só massa-hongersnood wêreldwyd veroorsaak. Intussen het die Afrika Ontwikkelingsbank ‘n nood-voedselproduksie-fasiliteit van 1,5 miljard Amerikaanse dollar op die vasteland goedgekeur. Dit is om ‘n dreigende voedselkrisis te voorkom wat deur Rusland se inval in die Oekraïne veroorsaak is. Wallie Roux sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe hierdie situasie Namibië raak.