Dele van Kunene-streek het volgende Sondag kragonderbrekingsMay 22, 2022
Die Noordelike elektrisiteitsverspreidings-maatskappy Nored het ‘n kennisgewing aan inwoners van Kunene-streek uitgereik waarin hulle gewaarsku word oor ‘n moontlike kragonderbreking in die grootste deel van die streek. Die onderbreking wat op Sondag 29 Mei sal plaasvind, sal vanaf sewe-uur die oggend tot die aand ses-uur duur. Opuwo, Orumana, Alfa, Otjivero en Omakange is van die gebiede wat geraak sal word. Nored se korporatiewe kommunikasiebeampte Simon Lukas het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is hoofsaaklik as gevolg van roetine-onderhoud.