Namibiese gesondheidsministerie waarsku oor vyfde Covid-vlaag

Namibië is in sy vyfde Covid-vlaag, waarsku die Namibiese gesondheidsministerie wat een sterfgeval van ‘n vrou in Windhoek aangemeld het. Daar is 521 nuwe Covid-gevalle uit 2 368 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 22 persent verteenwoordig. In die groep is 116 leerders van verskillende skole, 19 onderwysers, 17 studente en 15 gesondheidswerkers. Daar is nou 2 733 aktiewe gevalle, waarvan 98 pasiënte in hospitale in 10 streke is en ses in hoësorg-eenhede. Altesaam 23,4 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.