Ongemagtigde pluimvee-invoere kelder plaaslike groei
Die pluimveesektor in Namibië het die afgelope jare geweldige groei beleef. Van produksie van ‘n beraamde 536 miljoen Namibiese dollar in 2016 tot 1,2 miljard Namibiese dollar in 2021 was daar groei van 124 persent. Die Namibiese Landbou-unie sê die groei is te danke aan ‘n toename in die aantal klein en medium pluimveeprodusente en hul produkte. Maar, die sektor word bedreig deur onwettige invoere. Die toestroming van ingevoerde eiers ‘n opskudding in die plaaslike mark veroorsaak en vanjaar het dit sulke vlakke bereik dat plaaslike produsente produksie moes verlaag. Tans het sommige produsente nou net tussen 50 en 80 persent van hul lêhenne en moes sommiges selfs werknemers afdank. Die unie het ‘n beroep op die regering gedoen om dringend in te gryp.