Grondbelasting moet einde Oktober betaal wees

Die Namibiese ministerie van landbou sê die sperdatum vir grondbelasting is 31 Oktober en so ook enige aansoek om kwytskelding. Die waardasierol is reeds op 29 April voltooi en opgelaai. Eienaars van kommersiële landbougrond kan navraag doen oor die bedrag wat hulle verskuldig is vir die 2016-17, 2017-18, 2018-19 en 2020-21 boekjare. Die ministerie het die 2019-20 finansiële jaar uitgesluit as gevolg van die pandemie. Die ministerie sal rekenings aan grondeienaars pos en waarsku dat die wat nie die nodige inligting aan die ministerie verskaf het nie, ‘n boete van 20 000 dollar opgelê kan word, of vyfjaar tronkstraf, of albei.