Maree appelleer vandag teen weiering van borg
Die vermeende pedofiel en voormalige polisieman, Johann Maree wend hom vanoggend aan die hoërhof om te appelleer teen die weiering van borg deur Windhoek-landdros Celma Amadhila. Regter Boas Usiku staan vanoggend in vir regter Kobus Miller. Maree meen landdros Celma Amadhila het fouteer omdat sy beslis het die staat kan wel sy saak teen hom bewys en verder, dat hy sal vlug sou hy borg ontvang. Maree se saak is onlangs oorgedra na die hoërhof en hy sal in ‘n voorverhoor verskyn op 21 Julie. Hy staar 75 klagte in die gesig. Die 50-jarige Maree is in 2020 in hegtenis geneem op klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het destyds in die hof gesê hy is ‘n privaatspeurder en fotograaf en dat hy ‘n modelagentskap vir seuns bedryf. Die aansoek begin om nege-uur.