AfriForum hof toe oor hernuwing van rybewyskaarte

AfriForum het vandag hofstukke ingedien om die vereiste dat rybewys-kaarte elke vyf jaar hernu moet word teen te staan. Die burgerlike organisasie se veldtogbeampte, Reiner Duvenage, sê AfriForum betoog daar is aansienlike regs- en praktiese gronde vir die sukses van hulle aansoek. Duvenage sê regulasies om die vernuwingstydperk vir kaarte tot vyf jaar te beperk is onredelik.