Sjanghai sien lig aan die einde van die tonnel
Daar is hoop vir ‘n einde aan die inperkings in Sjanghai. Inwoners in sommige distrikte is ‘n pas gegee om vir 40 minute winkel toe te gaan. Inwoners is aangeraai om te stap of met ‘n fiets te ry en aangesê om twee meter van mekaar af by die ingang te staan. In nog ‘n positiewe teken sal vier van die stad se 18 metrolyne van Sondag af weer in werking wees. Sjanghai het minder as 800 nuwe gevalle aangemeld en vir ‘n vyfde dag in ‘n ry was daar geen nuwe gevalle buite kwarantyngebiede nie.