NSFAF sukkel steeds met betalings na studente in Rusland
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente sukkel steeds om geld na Namibiese studente in Rusland te stuur. Volgens die uitvoerende hoof, Kennedy Kandume, lyk dit nie of die probleem spoedig opgelos gaan word nie. Dit spruit uit Westerse sanksies teen Rusland ná sy inval in die Oekraïne. Volgens die organisasie raak dit hoofsaaklik private studente in Rusland wat nie huur kan betaal of kos kan koop nie. Kandume gesels met Kosmos 94.1 Nuus.