Reaksie op beleidsaanpassings wat nodig is in oliebedryf
‘n Ekonoom het reageer op die mening van die plaaslike energiekenner Uaapi Utjavari dat verskeie kritieke hervormings in beleid en wetgewing nodig is in die olie- en gasbedryf om plaaslike deelname aan die sektor moontlik te maak en maksimum opbrengste uit die land se hulpbronne te haal. Op die oomblik is plaaslike deelname aan die bedryf uitgelewer aan operateurs wat geen wetlike verpligting het om inwoners by hul bedrywighede in te sluit nie. Gabriel Erastus ‘n plaaslike ekonoom het sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus só verwoord.