Wasserfall-moordsaak gaan hoërhof toe

Walvisbaaise moordbeskuldigdes Azaan Madisia en haar broer Junior Mulundu, wat daarvan aangekla word dat hulle die 22-jarige Shannon Wasserfall in 2020 vermoor en in ‘n vlak graf begrawe het, se saak is volgens die aanklaer-generaal se beslissing na die hoërhof verwys. Die twee beskuldigdes se voorverhoor is vir 23 Junie geskeduleer.