Azovstal-soldate ontruim

Meer as 200 Oekraïnse soldate wat meer as twee maande in Mariupol se Azovstal-staalaanleg vasgekeer was, is ontruim. Oekraïne se ministerie van Verdediging sê 53 swaar gewonde soldate is na ‘n hospitaal in die Russies-beheerde dorp Novoazovsk geneem terwyl 211 langs ‘n humanitêre roete ontruim is. Die Oekraïnse weermag se generale staf sê die soldate wat die staalaanleg verdedig het, het hulle sending voltooi. Van die Oekraïnse soldate wat na Russies-beheerde gebiede ontruim is, sal later verruil word vir Russiese krygsgevangenes.