Malema sê beurtkrag is doelbewus geskep

Die EFF-leier, Julius Malema, sê die party glo die voortdurende beurtkrag is deel van die regering se plan om entiteite in staatsbesit te immobiliseer. Malema het tydens ‘n media-inligtingsessie oor die uitkoms van ‘n vergadering van die EFF se Sentrale Bevelspan gepraat en sê die party glo die huidige beurtkrag en krisis by Eskom is doelbewus geskep om die beskikbaarstelling van Eskom aan die wit kapitalistiese klas te regverdig.