Stad Johannesburg beëindig kontrakte van swak kontrakteurs
Die Stad Johannesburg sê hy beëindig die kontrakte van nie-presterende kontrakteurs wat versuim om dienste aan die gemeenskappe te lewer. Die burgemeesterskomiteelid vir Beplanningsontwikkeling, Belinda Echeozonjoku, sê die stad het kontrakte ter waarde van meer as 200 miljoen rand beëindig weens swak vakmanskap en wanprestasie.