Swart gat in Melkweg afgeneem
‘n Internasionale span sterrekundiges het die eerste beeld van ‘n supergroot swart gat in die middel van die Melkweg-konstellasie bekendgestel – ‘n kosmiese liggaam bekend as sadge-ay-ster. Die beeld is die eerste, regstreekse visuele bevestiging van die teenwoordigheid van hierdie onsigbare voorwerp. Swart gate is gebiede in die hemelruim waar die swaartekrag so intens is dat niks, selfs lig, dit kan ontsnap nie. Van die aarde beskou lyk dit so groot soos ‘n oliebol op die maanoppervlak.