Bates van Guptas en kie draai weer in die hof

Die Hooggeregshof in Bloemfontein hoor vandag en môre betoë aan vir bevestiging van ‘n tussentydse beperkingsbevel teen die Gupta-familie se bates wat in Junie verlede jaar ten gunste van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat toegestaan is. Die NVG wil seker maak die bates bly in die staat se bewaring. Dit hou verband met bates wat aan Atul en Rajesh Gupta en hulle vennoot, Iqbal Sharma, behoort. Die NVG se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê Sharma se bates beloop altesaam meer as 13 miljoen Suid-Afrikaanse rand terwyl die Guptas se bates meer as 30 miljoen rand is: