Oud-ombud reageer op Strydkinders se optog

Die voormalige Namibiese Ombudsman, advokaat John Walters het gereageer op die optog van sowat 75 Strydkinders na die parlement gehou waar hulle ‘n petisie aan eerste minister Saara-Kuugongelwa Amadhila oorhandig het. Hulle eis vir werksgeleenthede en sê dat die huidige arbeidsmark teen hulle diskrimineer. Die groep, wat bestaan uit Angolese en Suid-Afrikaanse lede, kamp al vir sewe jaar op die plaas Ndilimani by Brakwater, en sê hulle word as onwettige burgers hanteer. Hulle sê hulle staar talle uitdagings in die gesig, soos 27 van hul lede wat gesterf het. Walters sê aan Kosmos 94.1 Nuus werkloosheid raak almal in die land, gegradueerdes ingesluit.