Acsa sal aandag gee aan brandstof-probleem by OR Tambo

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê ‘n gebeurlikheidsplan is in werking gestel om te verseker dat die voorraad stralerbrandstof by die OR Tambo-lughawe in Gauteng teen Oktober ten volle herstel sal wees. Die lughawe ondervind ‘n tekort aan stralerbrandstof wat veroorsaak is weens ontwrigtings wat die vloede in KwaZulu-Natal veroorsaak het. Die uitvoerende hoof van Acsa, Mpumi Mpofu, sê 1,5 miljoen rand se inkomste het verlore gegaan weens die tekort.