Nege regters van VSA se hooggeregshof kort ekstra sekuriteit
Die Amerikaanse Marshals Service sê hulle staan polisie-agentskappe by wat gewoonlik die hoogste hof se nege regters moet beskerm. Die verhoogde veiligheid van die regters volg nadat ‘n konsepmening verlede week uitgelek het waarin aangedui word ‘n meerderheid in die Hooggeregshof stel voor Amerikaanse vroue se federale reg op aborsie word omgekeer. Die hof se finale beslissing word volgende maand verwag. Betogings is by minstens drie regters se huise gehou en ‘n teenaborsie-kliniek is Sondag aan die brand gesteek.