Jeugliga wil ook hê rooilyn moet waai

Die nuutste lid van die Nasionale Vergadering, Ephraim Nekongo, het nie doekies omgedraai oor die verwydering van die sogenaamde rooilyn nie. Nekongo, die sekretaris van die Swapo-jeugliga, is as lid van die parlement deur President Hage Geingob aangestel in die plek van Leon Jooste, die voormalige minister van staatsondernemings. Nekongo het gesê hy is nie die een wat sê die rooilyn moet verwyder word nie, maar dit is die beroep van die mense en hy ondersteun wat die mense wil hê.