ANC appelleer vandag oor R50m skenking aan Kuba

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag die regering se aansoek aan om verlof tot appèl aan te teken oor die beplande 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand se skenking aan Kuba. Die minister van Internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, appelleer teen die Hooggeregshof se beslissing in AfriForum se guns. Volgens die regering sal die skenking help met voedselsekerheid in Kuba, wat gebuk gaan onder Amerikaanse sanksies. AfriForum sê dit staan die aansoek teen op grond daarvan dat die dringende interdik toegestaan is op ‘n tussentydse basis, hangende die uitslag van die hersieningsaansoek wat later ingedien is.