Voormalige Mej. Heelal stel eg Namibiese kosmetiese reeks oorsee bekend

Die voormalige Mej. Heelal van Namibië, Michelle McLean stel vandag haar nuwe eg Namibiese kosmetiese reeks, Namib Desert Oils en Elewa, by die Düsseldorf Skoonheids-ekspo in Duitsland bekend. Sy sê die inheemse Namibiese olies is volhoubaar geproduseer en is deel van ‘n sosio-ekologiese program waarby gemeenskappe in Namibië baat kan vind.