NamRA oortref sy teiken vir invordering
Die Namibise Inkomste-agentskap, NamRA, het in die laaste boekjaar meer as 60,5 miljard Namibiese dollar ingevorder. Hy het 49,4 miljard dollar geteiken. Volgens die uitslae van sy elektroniese belastingverligtingsprogram, wat op 31 Januarie tot ‘n einde gekom het, het NamRA meer as 11 miljoen dollar in boetes laat vaar, met net minder as 47 500 belastingbetalers wat deelgeneem het. ‘n Totaal van 1,3 miljard dollar is ingesamel. In Oktober verlede jaar het die agentskape gesê dat daar 12 miljard dollar se uitstaande belasting is met 36 miljard dollar in boetes, en 8 miljard dollar in rente. Net meer as 107 000 belastingbetalers se geld was uitstaande. Die kommissaris van die agentskap, Sam Shivute, het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat nog ‘n amnestie op pad is, moontlik volgende maand.