Naretu teken ooreenkoms na talle struikelblokke
Die Namibian Revolutionary Transport Union, bekend as Naretu, en Formula Courier Services het ‘n ooreenkoms op Walvisbaai onderteken. Volgens die unie is werknemers van dié koerierdienste nou onder die beskerming van Naretu. Naretu bedank die bestuur vir die vreedsame onderhandelinge en hulle sien uit daarna om saam met hulle te werk en gesonde arbeidsverhoudinge te handhaaf. Die vakbond sukkel reeds ‘n geruime tyd om deur die bedryf erken te word. Petersen Kambinda, die vakbond se woordvoerder …