Wêreld Persvryheid-dag: Versigtig vir fopnuus
Vandag word Wêreld Persvryheid-dag herdenk. Die Amerikaanse Chargé d’Affaires in die hoofstad, Jess Long, het Namibiese joernaliste geloof vir hul harde werk maar, maan dat die media versigtig moet wees vir digitale slenters, fopnuus en meer, presies omdat vrye media owerhede aanspreeklik hou.