SA-rugby: Vroue-Premierliga duur vandag voort

Twee derbies gaan vandag geur gee aan die tweede ronde van die Vroue-Premierliga in Suid-Afrika. Die organisasie sê die Oos-Kaapse tweestryd tussen die verdedigende kampioen, Border Ladies, en EP Queens in Oos-Londen kan enige uitslag oplewer. Westelike Provinsie speel gasvrou vir Boland Dames in ‘n Wes-Kaapse derbie in Kaapstad, en die Goue Leeus verwelkom die Haaie in Johannesburg. Die Blou Bulle het ‘n loslootjie.