Huishoudings se geldsake lyk beter, maar is steeds swak
Volgens die jongste beskikbare syfers van die Bank van Namibië, het gemiddelde besteebare inkomste met 15,6 persent verbeter vanaf 2020 tot 2021. Maar, die situasie is steeds beroerd omdat net meer as 5 700 Namibiese dollar van die 7 400 dollar besteebare inkomste, gebruik moes word om skuld te betaal wat net meer as 1 670 dollar gelos het vir dag-tot-dag uitgawes. Die koers vir huishoudelike skuld teenoor besteebare inkomste was in 2021, 77,4 persent en huishoudings het baie minder verlede jaar geleen met totale krediet wat met 2,1 persent die jaar toegeneem het.