Opknappings begin (uiteindelik) by Katutura-hospitaal

Die Namibiese gesondheidsministerie, die Motorvoertuig-ongelukkefonds en Standard Bank Namibië het in April verlede jaar die Katutura-staatshospitaal se noodeenheid-opknappings-inisiatief van stapel gestuur. Die Katutura-staatshospitaal het die grootste en besigste noodeenheid in die land en funksioneer as die hoofverwysings-noodeenheid in die land. Groot herontwerpe en opknappings, soos onder meer ‘n ginekologiese ondersoekkamer en nuwe verpleegstasie was destyds beplan maar, werksaamhede het nou eers begin. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, hoop dat ‘n nuwe moderne noodeenheid binne die volgende ses maande by die hospitaal gesien kan word.