Ace skors Cyril, maar hy mag nie

Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magashule, sê sy skorsing is onwettig en het op sy beurt in ‘n brief President Cyril Ramaphosa geskors. Die ANC het bevestig dat die uitgelekte brief deur Magashule nie fopnuus is nie. Hy staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery wat verband hou met ‘n Vrystaatse asbesdak-tender. Die Nasionale Voorsitter van die ANC, Gwede Mantashe, sê Magashule het nie die mag om Ramaphosa te skors nie. Die ANC sê besluite deur die Nasionale Uitvoerende Komitee en die Nasionale Werkskomitee is bindend.