Bokke raak opgewonde vir Wêreldbeker – 500 dae oor

Met net meer as 500 dae voor die Wêreldbeker in 2023 in Frankryk afskop, sê die Springbok-afrigter Jacques Nienaber die opwinding raak voelbaar. Dit is ten spyte van ‘n vol 2021-seisoen wat nog vir Suid-Afrika voorlê. Nienaber plaas klem op die belangrikheid daarvan om die regte strukture in plek te kry om hulle titel se verdedig. Die Bokke is in Groep B geloot, saam met Ierland, Skotland en Spanje, sowel as ‘n kwalifiserende span wat nog bepaal moet word.