Gemeenskapskoshuise moet sake regruk

Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê gemeenskapskoshuise maak hulle skuldig aan wanbestuur en dien ook nie geouditeerde finansiële verslae in nie. Die Uitvoerende Direkteur Sanet Steenkamp sê daar is bewyse van wanbesteding. Sy sê die ministerie begroot 111 miljoen Namibiese doller vir die koshuise maar, die geld word nie aangewend vir die leerders nie. Volgens haar moet die koshuise state teen die einde van die tweede semester indien of befondsing word gestaak. Media berig gereeld oor die haglike toestand van die koshuise.